Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde.
- Matteus 18:20

Ons Gemeente

Gemeentelike Agtergrond

Uit die argiewe

Ons Leraar

Ds Johan Besselaar 082 555 1592

Wat Ons Verkondig

4 Pilare en Sakramente

Die Goudrif Embleem

  • Gebreekte kruik – gebroke lewens aan die uithoeke van die wêreld

  • Heel kruik – herstelde lewens by die voet van die Kruis

  • Kruis staan sentraal – ruwe kruis dui op erns van sonde en dood van Jesus ter wille daarvan

  • Glaswerk – gemeente van Jesus waar versorging en lering plaasvind

  • Silwer voorwerpe – silwer trompette, verkondig die evangelie

  • Onvoltooide sirkel – dui op die onvoltooide boodskap wat die wêreld nog moet bereik

  • 3 Vierkantige voorwerpe – teenwoordigheid van heilige Drie-eenheid – “Ek is met julle ..”

Simboliese betekenis:

Bedienings


G   

EMEENTELIKE AKSIES

  • Voorsang & Klank

    Hierdie bediening is verantwoordelik vir die voorsang in die kerk, sluit sangers en instrumentale begeleiding in. Ons het ook 'n tegniese span wat verantwoordelikheid neem vir die klank.

    Johan Coetzer: 082 499 3028

  • Kinderbediening

    Hierdie is 'n span van personeel wat saam werk om die opleiding en byeenkomste van die kinders in die gemeente te beplan en uit te voer. Ons benodig mense wat kan deel vorm van die span wat hul liefde vir Jesus met ons kinders kan kom deel.

    Lize de Jager: 082 416 3219

  • Jeugbediening

    Hierdie is 'n span van personeel wat saam werk om die opleiding en byeenkomste van die jongmense in die gemeente te beplan en uit te voer. Benodig mense wat kan deel vorm van die span wat hul liefde vir Jesus met ons kinders kan kom deel.

    Lianka Jooste: 073 377 0404

  • M & M

    Hierdie is 'n gemeentelike vroue aksie wat daarop gerig is om geestelike bystand te lewer aan vrouens en uit te reik na die gemeenskap. Bestaan uit 'n bestuur met wyksleidsters waarby die vroue in die gemeente ingedeel is. Verder reël hulle ook sosiale geleenthede en fondsinsamelings.

    Annette Besselaar: 073 242 4087


O   

NDERSTEUNING

  • Gebedsbediening

    Bediening wat bestaan uit manne en vroue wat erns maak met gebed en graag vir ander intree. Hulle hanteer enige gebedsversoeke van gemeentelede sowel as gebede oor die algemeen.

    Pieter van Heerden: 082 546 8357

  • Barmhartigheid

    Ons reik uit na die behoeftiges in die gemeente. Staan gesinne by met kos en basiese behoeftes. Sluit die aankoop, verpakking en instandhouding van die gemeente se koskas in, sowel as verspreiding daarvan.

    Stephen Cochrane: 084 580 2219

  • Pastorale Versorging & Hulpverlening

    Ons beoog hiermee om as 'n passievolle groep saam met die Kerkraad te funksioneer om mense in nood te besoek - hiermee saam sal ons toegerus word om die werk van die Here uit te voer. Dit sluit hospitale, tehuise en privaatbesoeke in.

    Gerrit Snyman: 082 826 0242


U   

ITREIK

  • Sending

    Hier is ek, stuur my, Here!

    Goudrif is betrokke by voltydse geestelike werkers wat uit die gemeente gestuur is na die sendingveld. Ons kontak hulle gereeld om op hoogte te bly met hul behoeftes.

    Stephen Cochrane: 084 580 2219

  • Evangelisasie

    Ons wil hiermee graag geleenthede skep en benut vir lidmate waar hulle die evangelie binne ons gemeenskap kan verkondig en mense se geestelike nood kan aanspreek.

    Neels Jooste: 079 892 3640


D    

ISSIPELSKAP

  • Dissipelskap (Seminare en opleiding)

    Om deur middel van seminare, Logosbybelskool en boodskappe, kinders van die Here toe te rus as dissipels.

    Gerrit Snyman: 082 826 0242

    Johan Besselaar: 082 555 1592

  • Logos Bybelskool

    Die Bybelskool het ten doel om lidmate en belangstellendes se basiese en diepere Bybelkennis te verbreed en geestelik toe te rus sodat hulle kan groei in kennis en ervaring in hul verhouding met die Here.

    Johan Besselaar: 082 555 1592


R   

EKREASIE

  • Rekreasie En Gemeenskaplike Byeenkomste

    Hierdie bediening het ten doel om onder andere sosiale geleenthede te reël en te koördineer, soos manne-, vroue- en gesinskampe. Asook sangoptredes en ontbyte, om 'n groter samehorigheid in die gemeente te bevorder.

    Mathys: 082 566 1406 & Wilhelm: 083 391 3329


I   

NSTANDHOUDING

  • Instandhouding

    Ons wil graag deur hierdie bediening manne met basiese, praktiese vaardighede betrek by die instandhouding van die kerkgeboue en terrein.

    Riaan Meyer: 082 410 1071


F    

INANSIES & BEMARKING

  • Sosiale Media

    Hierdie span is verantwoordelik vir die kerk se sosiale platvorms, soos onderandere die webtuiste en Goudrif. Sluit ook die neem van foto's en reklame in.

    Chantelle: 076 900 6513

    Mathys: 082 566 1406 & Wilhelm: 083 391 3329