Die EG Kerk nooi alle vroue uit na ’n spesiale naweek van geestelike vernuwing, rus en samesyn by Ciara Lodge. Hierdie kamp is die perfekte geleentheid om weg te breek van die alledaagse en weer stil te word voor die Here.
Ons gaan weer saam ontdek, aanbid, lag en groei – in geloof én in vriendskap. Inspirerende spreke, opregte gesprekke en kosbare oomblikke wag op jou!
Moet dit nie misloop nie – kom laat jou siel herleef en jou hart vol word!
Besprekings noodsaaklik - kontak gerus vir Annette Besselaar vir meer inligting